Waar Oranje heide welig teen die Langeberge bloei
het ʼn skool met ideale vir ʼn volk se jeug gegroei
tot ʼn vesting waar die liefde vir ons duurgekoopte land
ons besiel om steeds te dien met hoof en hand
onder soeklig van die kennis kom begrip van die natuur
so behou ons hierdie skone erfenis

Ons sal vreugde vind in arbeid, ons sal trou bly aan ons taak
Steeds vertrouend op die grote Godsbestuur.

Refrein
Sing van Oakdale bly en luid
Dra die boodskap tot die verste grense uit
Deur die jare bly ons trou
Aan die hoogverhewe taak ʼn land te bou.

Geskryf deur Doll de Villiers en getoonset deur Dirkie de Villiers in Augustus 1972.