WYNVEILING

Die Oakdale-wynveiling is jaarliks een van die hoogtepunte waarna menige Oakdale ondersteuner uitsien. Die laaste wynveiling was by Kronenburg in die Paarl aangebied. Die organiseerder, Hawies de Villiers (matriek van 1982), het met sy aansteeklike entoesiasme en lojaliteit sukses verseker.

Die wenresep van die wynveiling lê in die ondersteuning van ouers, vriende, oudskoliere en besighede van regoor die Wes- en Suid-Kaap. In 2018 is ‘n bedrag van R 254 975-00 ingesamel met die projek.

Die afslaer mnr. Appie Maritz aan die woord.
Die veiling is die breinkind van mnr. Hawies de Villiers in die middel voor.