2025

Die jaarlikse Erkenningsgeleentheid van die Hoër Landbouskool Oakdale het op Donderdag 16 Oktober in die NG Moedergemeente plaasgevind. Dit was weereens ‘n spoggeleentheid waartydens die Bulle se gawes en talente gevier is. Leerders is vereer vir prestasies op akademiese-, sport- sowel as kultuurgebied.

Die Dux-leerder in elke graad is as volg:

  • Gr. 8 Ruben Greeff (Gemiddeld 87,50 %)
  • Gr. 9: Leander Cornelius (Gemiddeld 88,08%)
  • Gr. 10: Duan Rautenbach (Gemiddeld 95,05%)
  • Gr. 11: Gustav Schutte (Gemiddeld 90,22%)
  • Gr. 12: Artho Saayman (Gemiddeld 93,93%)

Luan Serfontein het die Landbouweekblad medalje ontvang. Kai Pratt het met die Sportman van die Jaar toekenning weggestap.  Die Stefan Marais toekenning vir die Mees Veelsydigste prestasie het vanjaar gegaan aan Jannes Snyman. Tydens die geleentheid het verskeie leerders toekennings vanaf Agri Expo ontvang. Die Universiteit van Stellenbosch se Landboustudiebeurs is vanjaar aan Bernard Erasmus toegeken terwyl Anrich Scheffer die OABS wisseltrofee vir beste prestasie in Landboubestuurspraktyk ontvang het. Die Verteenwoordigende Raad van Leerders vir 2026 is ook aangekondig met Adrian Smith as hoofseun en Jacobus de Villiers as die adjunkhoofseun.

Adjunkhoofseun
Dux Leerder Gr. 12
Hoofleiers
Hoofseun
Sportseun Kai Pratt
Stefan Marais Toekenning Jannes Snyman
Stellenbosch Studiebeurs
Agri Expo Gr. 8
Agri Expo Gr. 9
Agri Expo Gr. 10
Agri-Expo Gr. 11
Agri-Expo Gr. 12
Dux Leerders
Landbouweekblad Medalje
OABS Toekenning
VLR

2024

OAKDALE: ERKENNINGSGELEENTHEID 2024

Die jaarlikse erkenningsgeleentheid van die Hoër Landbouskool Oakdale het op Donderdag 10 Oktober in die Burgersentrum plaasgevind. Dit was weereens ‘n spoggeleentheid waartydens ons die Bulle se gawes en talente gevier is. Leerders is vereer vir prestasies op akademiese-, sport- sowel as kultuurgebied.

Die Dux-leerder in elke graad is as volg:

• Gr. 8: Jack Hume (Gemiddeld 90%)
• Gr. 9: Duan Rautenbach (Gemiddeld 93.48%)
• Gr. 10: Danté Lategan (Gemiddeld 90.46%)
• Gr. 11: Artho Saayman (Gemiddeld 94.93%)
• Gr. 12: Kéan Enslin (Gemiddeld 90.10%)

Jaco Lamprecht het die Landbouweekblad Medalje ontvang. Kurt Coetzee het met die Sportman van die Jaar toekenning weggestap. Die Stefan Marais toekenning vir die Mees Veelsydigste prestasie het vanjaar gegaan aan Jannes Snyman. Tydens die geleentheid het verskeie leerders toekennings vanaf Agri Expo ontvang. Vanjaar is ‘n nuwe Landboustudiebeurs in werking gestel wat aan Wessel Strydom toegeken is. Ons opregte dank en waardering aan die volgende partye betrokke: DMC, Inteligro, Ecolab, DeLaval, Rooted asook Mnr. Gerhard Beukes. Die Verteenwoordigende Raad van Leerders vir 2025 is ook aangekondig met Jannes Snyman as hoofseun en Bernard Erasmus as adjunkhoofseun.

VAKPRESTASIES

GRAAD 8
Vakprestasie:Diploma:Almal vanaf 85% behalwe LO (top 3)
Boekprys:Beste prestasie per vak.

Klasprestasie:Diploma:Almal vanaf 75%.
Boekprys:Kandidaat met hoogste gemiddelde punt.

GRAAD 9
Vakprestasie:Diploma:mal vanaf 85% behalwe LO (top 3)
Boekprys:Beste prestasie per vak.

Klasprestasie:Diploma:Almal vanaf 75%.
Boekprys:Kandidaat met hoogste gemiddelde punt.

GRAAD 10
Vakprestasie:Diploma:Almal vanaf 85% behalwe LO en Wisk G. (top 3 in hierdie vak)
Boekprys:Beste prestasie per vak.

Klasprestasie:Diploma:Almal vanaf 75%.
Boekprys:Kandidaat met hoogste gemiddelde punt.

GRAAD 11
Vakprestasie:Diploma:Almal vanaf 80% behalwe LO en Wisk G. (top 3 in hierdie vak)
Boekprys:Beste prestasie per vak.

Klasprestasie:Diploma:Almal vanaf 70%.
Boekprys:Kandidaat met hoogste gemiddelde punt.

GRAAD 12
Vakprestasie:Diploma:Almal vanaf 75% behalwe LO en Wisk G. (top 3 in hierdie vak)
Boekprys:Beste prestasie per vak.

Klasprestasie:Diploma:Almal vanaf 65%.
Boekprys:Kandidaat met hoogste gemiddelde punt.

EREKLEURE

  • Leerders wat in gr. 10 gemiddeld 90% behaal.
  • Leerders wat in gr. 11 gemiddeld 85% behaal.
  • Leerders wat in gr. 12 gemiddeld 80% behaal.
  • ‘n Leerder wat onder die eerste 10 geplaas word in die senior sertifikaat-eksamen van die Wes-Kaap.
  • Enige oudleerder wat gr. 12 aan die skool verwerf het, en ‘n doktorsgraad aan ‘n erkende universiteit verwerf het

VOLKLEURE

  • Graad 8 en 9: Gemiddelde 90% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
  • Graad 10: Gemiddelde van 85% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
  • Graad 11: Gemiddelde van 80% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
  • Graad 12: Gemiddelde van 75% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.

HALFKLEURE

  • Graad 8 en 9: Gemiddelde van 85% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
  • Graad 10: Gemiddelde van 80% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
  • Graad 11: Gemiddelde van 75% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
  • Graad 12: Gemiddelde van 70% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.

EERVOLLE VERMELDING

  • Graad 8 en 9: Gemiddelde van 80% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
  • Graad 10: Gemiddelde van 75% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
  • Graad 11: Gemiddelde van 70% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.
  • Graad 12: Gemiddelde van 65% en meer in eksamens en toetse tydens dieselfde akademiese jaar behaal.

VAKPRESTASIES

GRAAD 8

Vakprestasies: Diploma: Almal vanaf 85% behalwe tale is 80%
Boekprys: Beste prestasie per vak

Klasprestasies: Diploma: Almal vanaf 75%
Beker: Kandidaat met hoogste gemiddelde punt

GRAAD 9

Vakprestasies: Diploma: Almal vanaf 85% behalwe tale is 80%
Boekprys: Beste prestasie per vak

Klasprestasies: Diploma: Almal vanaf 75%
Beker: Kandidaat met hoogste gemiddelde punt

GRAAD 10

Vakprestasie: Diploma: Almal vanaf 75% behalwe Wisk. Geletterdheid en Lewensoriëntering (top 3 in elke vak)
Boekprys: Beste prestasie per vak

Klasprestasie: Om te kwalifiseer vir klasposisie moet n kandidaat in die Junie eksamen ten minste die volledige
assesseringstake en eksamen in Afrikaans aflê tesame met vyf (5) ander vakke.

Diploma: Almal vanaf 70%
Beker: Kandidaat met hoogste gemiddelde punt

GRAAD 11

Vakprestasie: Diploma: Almal vanaf 70% behalwe Wiskunde Geletterdheid en Lewensoriëntering (top 3 in hierdie
twee vakke)
Boekprys: Beste prestasie vir vak

Klasprestasie: Om te kwalifiseer vir klasposisie moet n kandidaat in die Junie-eksamen ten minste die volledige
assesseringstake en eksamen in Afrikaans aflê tesame met vyf (5) ander vakke.

Diploma: Almal vanaf 65%
Beker: Kandidaat met hoogste gemiddelde punt

GRAAD 12

Vakprestasie: Diploma: Almal vanaf 65%, behalwe Wiskundige Geletterdheid en Lewensoriëntering (top 3 in
hierdie twee vakke)
Boekprys: Beste prestasie per vak

Klasprestasie: Om te kwalifiseer vir klasposisie moet n kandidaat in die Junie-eksamen ten minste die volledige
assesseringstake en eksamen in Afrikaans aflê tesame met vyf (5) ander vakke.

Diploma: Almal vanaf 60%
Beker: Kandidaat met hoogste gemiddelde punt