BEVORDERINGSVEREISTES VIR GRAAD 8 – 9

ʼn Leerder moet nege (9) vakke aanbied EN die volgende minimumstandaarde behaal:

Huistaal (HT)Vlak 4 (voldoende prestasie)(50% – 59%)
Eerste Addisionele Taal (EAT)Vlak 3 (gemiddelde prestasie)(40% – 49%)
WiskundeVlak 3 (gemiddelde prestasie)(40% – 49%)
Enige DRIE (3) van die ander vereiste vakkeVlak 3 (gemiddelde Prestasie)(40% – 49%)
Enige TWEE (2) van die oorblywende vakkeVlak 2 (basiese prestasie)(30% – 39%)
Skoolgebaseerde Assessering van al nege vakke moet voltooi word.
Skoolgebaseerde Assesseringskomponent = 40%
Jaareindeksamen = 60%

 

ʼn Leerder kan slegs een keer in die Senior Fase teruggehou word om te verhoed dat die leerder vir langer as vier jaar in hierdie fase teruggehou word.

Verdere Onderwys en Opleidings- (VOO)-Band Program- en Bevorderingsvereistes vir graad 10 – 12

Bevorderingsvereistes

ʼn Leerder moet sewe (7) vakke aanbied EN die volgende minimumstandaarde behaal:
Huistaal:  40%
Twee (2) ander vakke:  leerder moet ʼn minimum van 40% in elke vak behaal.
Drie (3) ander vakke:  leerder moet ʼn minimum van 30% in elke vak behaal.
Skoolgebaseerde Assessering van al sewe vakke moet voltooi word.
Skoolgebaseerde Assessering  = 25%
Jaareindeksamen  =  75%