2025

Ons sien met verwagting uit na 2025, met ons nuut verkose Junior Landbouvereninging as volg: Handré Gerber (voorsitter), Wilhelm Bell (ondervoorsitter), Dirk Duits, Fasie Faure, Dirk van der Westhuizen, Pieter Steyn

2024

Verskeie leerders uit elke graad het vanjaar aan die Oakdale-Jongboerklub deelgeneem. Die doel van die klub is om leerders aan praktiese landbou-onderrig bloot te stel. Die leerders het veertig ooie ontvang wat hulle moes bestuur. Die ooie is gesinkroniseer en laparoskopie is gedoen met uitstaande ramme van mnr. André de Jager. Die ooie is voorberei en gelam deur ‘n lamhokstelsel wat die leerders self bestuur het. Die leerders het ook weidings aangeplant, kalibrering van planters en kunsmisstrooiers gedoen, aan die maak van bale en kuilvoer deelgeneem en met groenteproduksie in die tuine gehelp. Grondmonsters is geneem en profielgate is gegrawe.

Die Junior Landbouvereniging, onder leiding van Gerco Scheepers, was op ‘n daaglikse basis aktief. Die kampe waarin die ooie loop is voorberei en draad is deur die lede gespan om te omhein. Mnr. Paul Pienaar, bestuurder van die Buiteplaas word bedank vir sy hulp en insette om die klub te stig en te onderhou.

Junior Landbouvereniging – 2024 – Junior Landboubestuur

Junior Landboubestuur

2023

Vir die 2023 termyn van die Junior Landbouvereniging is Theo Ferreira tot voorsitter verkies en Christiaan Jansen van Vuuren, as ondervoorsitter. Saam met D’Niel de Wet, Gerhard Ferreira, Daniël le Roux en Tony Dürr het hulle ‘n gedugte span gevorm.

Die plaasbestuurders van Oakdale, mnre. Hennie Uys, Paul Pienaar en Malan du Plessis het die graad 8- en 9-leerders meer geleer van die produkte waarop Oakdale, as boerdery fokus. Dit het deel gevorm van ‘n vergadering wat die Junior Landbouvereniging gereël het.

Mnr. Pieter Rall van InteliGro het ook al die graad 10- en 11-leerders tydens ‘n vergadering wat die vereniging gereël het, toegespreek. Hier het hy vir hulle voorbeelde van tipiese graansiektes gewys wat hierdie jaar met die bo-gemiddelde reënval kan voorkom.

Die lede van die Junior Landbouvereniging is ook dankbaar vir mnr. Nicolaas Strydom van M. Briers Landboudienste op Riversdal vir die borgskap vir oortrektruie. Die truie is by verskeie geleenthede gedra.

Die hoogtepunt vir die lede van vanjaar was ‘n besoek deur die Jongboer-komitee van Agri-Wes-Kaap waar die lede saam vergadering gehou het in ‘n poging om Junior Landbouverenigings meer te vertel hoe om in georganiseerde landbou betrokke te raak.

Ons sien met verwagting uit na 2024, met ons nuut verkose Junior Landbouvereninging as volg: Steyn de Wet (Voorsitter) Margerinus Odendaal (Ondervoorsitter), JW Schutte, Gerco Scheepers, Wessel Strydom en Andreas Muller.

null

Steyn de Wet

Voorsitter
null

Margerinus Odendaal

Ondervoorsitter
null

JW Schutte

null

Gerco Scheepers

null

Wessel Strydom

null

Andreas Muller

2022

Ons sien met verwagting uit na 2023, met ons nuut verkose Junior Landbouvereniging as volg: Theo Ferreira (Voorsitter), Christiaan Janse van Vuuren (Ondervoorsitter), Daniël le Roux, D’Niel de Wet, Tony Dürr en Gerhard Ferreira.

null

Theo Ferreira

Voorsitter
null

Christiaan Jansen van Vuuren

Ondervoorsitter
null

D'Niel de Wet

null

Tony Durr

null

Gerhard Ferreira

null

Daniel Le Roux