KONDISIONERING EN REHABILITASIE VAN SPORTBESERINGS
By die Hoër Landbouskool Oakdale word sterk klem gelê op deelname en betrokkenheid van leerders. Hier word ʼn hoë premie geplaas op fisieke fiksheid en ʼn gesonde leefstyl.
Oakdale beskik oor ʼn fisioterapeut en biokinetikus wat alle sportbeserings behandel en rehabiliteer. Hulle is ook betrokke by die fisiese kondisionering van alle ouderdomsgroepe.
Rehabilitasie geskied in die Oakdale-sportsentrum deur gebruik te maak van moderne fasiliteite, onder andere, die verhitte swembad en ysbad ten einde spoedige herstel van sportbeserings te verseker.
Alle voornemende leerders ontvang gedurende Oktober van die vorige jaar hul oefenprogramme en word vordering deurlopend deur die sportwetenskaplike gemonitor.
Klem word ook sterk gelê op gesonde eetgewoontes.
Graad 8- tot 12-leerders begin reeds in September met kondisionering vir die daaropvolgende jaar se sportdeelname.