Oakdale steun baie swaar op die finansiële ondersteuning van instansies, eerder vennote, in onderwys. Die skool is gelukkig om oor lojale ouers, oud-ouers en oudskoliere te beskik wat ons borge ondersteun vanweë hul belegging in die Oakdale-leerders en vormingsgeleenthede. Instansies wat by Oakdale betrokke is, is meer as borge, maar eerder beleggers. Beleggers in die toekoms van ons land en die produk wat Oakdale as skoolverlaters die lewe instuur.

Die waardevolle bydrae van hierdie beleggers kan nie genoeg beklemtoon word nie en blootstelling word op die promosiemuur by die hoofingang, op advertensieborde langs die De Eikeveld, in die Akkertydskrif, in die skool se nuusbrief, maar veral ook deur “the word by mouth” van leerders en ouers gegee.