Die volgende leerders het provinsiaal of nasionaal in buitesport presteer:

Albert Myburgh

Wes-Kaap span, Nasionale Kampioenskappe – Laser-run

Marky Kortjé

Nasionale Kampioenskappe – Rolbal

Emile van Druten

SA-Junior Nasionale span – Kunsaashengel

Emile van Druten verwerf in 2023 Protea Kleure en verteenwoordig in 2024 en 2025 die Senior Kaapse Wynland provinsie op A-span vlak. Hy verwerf in 2025 n brons medalje by die Suid Afrikaans kampioenskap.  In 2025 word hy weer tot die Protea span gekies as die kaptein van die junior span en verower 2 goue medaljes as beste boot en mees erkentlike hengelaar tydens die Afrika kampioenskap.  Hy word ook in 2025 as beste kunsaas hengelaar erken op provinsiale vlak.  Sy jare lange toewyding aan die sport, die deelname aan kompetisies oor verskeie hengel fasette reg oor die land gee dan ook vir hom in 2024 en 2025 die nommer 1 ranglys posisie in kunsaashengel as Junior in Suid Afrika.  Hy word in 2025 genomineer deur die Suid Afrikaanse kunsaas hengel assosiasie as deel van n “droom span”, waar sy talent,  deursettingsvermoë en harde werk die essensie van die sport benadruk.  Hy word ook genooi na die 2026 Protea prysuitdelings funksie. Emile vertel graag hoe hengel hom die kans gegun het om tyd saam met vriende en familie te spandeer, nuwe plekke, kulture en mense te leer ken. Dit is vir Emile n voorreg om die tweede Protea hengelaar te wees wat Oakdale oplewer in die laaste dekade, ook merkwaardig om die ondersteuning van die skool vir die buitesport te kan beleef.  

Pierre Visagie

Wes-Kaap Kampioen – Boks

Anrieg Smal

Nasionale Kampioenskappe – Pluimbal