Tekkies skree, Bulle kreun, rakette klap, sweet loop en ʼn klein swart balletjie laat jou goed les opsê! Oakdale beskik oor twee goedtoegeruste muurbalbane gerieflik langs die koshuis geleë. Jaarliks neem Oakdale met verskeie spanne aan die onderskeie ligas in die SWD deel.

2025 Seisoen

Teen einde Januarie 2025 was die graad 8-muurbalproewe afgehandel en talent was geïdentifiseer. Daar was minder graad 8’s wat aan muurbal deelgeneem het. Op 14 – 16 Februarie 2025 het die SWD-proewe plaasgevind.

Gedurende 6 – 9 Maart 2025 was die spelers op ‘n muurbaltoer na Kaapstad. Dit was ‘n baie suksesvolle toer en die spelers het goeie ervaring opgedoen.

Die spelers het teen die volgende skole gedurende die muurbalseisoen gespeel: Hoërskool Punt, Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Framesby, Hoërskool Outeniqua, Paarl Gimnasium en Paul Roos Gimnasium.

19A – Estiaan van Zyl, Anrieg Small en Daniël du Preez het gedurende die April-vakansie aan die SA Plattelandse-toernooi in Bloemfontein deelgeneem. Anrieg Small, Estiaan van Zyl en Daniël du Preez is gedurende die toernooi vir die SA Plattelandse o. 19A-span gekies, terwyl Luan Van Zyl is vir die o. 16A Eden Provinsiale-span gekies is. Beide hierdie spanne het aan die IPT-toernooi deelgeneem.

Muurbal Platteland

Muurbal 1ste span

2024 Seisoen

Teen einde Januarie 2024 was die graad 8-muurbalproewe afgehandel en baie nuwe talent was geïdentifiseer. Op 26 en 27 Januarie 2024 is die SWD- proewe afgehandel. Oakdale het 23 – 25 Februarie 2024 aan die York High Festival gaan deelneem waar Oakdale ook as die wenners van die toernooi weggestap het. Hoërskool Outeniqua, York High school en Paul Roos Gimnasium het ook aan die toernooi deelgeneem.

Gedurende 8 tot 10 Maart 2024 was die spelers op ‘n muurbaltoer na Kaapstad. Dit was ‘n baie suksesvolle toer en die spelers het goeie ervaring opgedoen. Skole waarteen meegeding was, was   onder andere Parel Vallei, Paul Roos en Strand.

Estiaan van Zyl (o. 19A) en Luan van Zyl (o. 15A) het gedurende die April-vakansie aan die SA Plattelandse-toernooi in Bloemfontein gaan deelneem. Estiaan van Zyl is ook gedurende die toernooi vir die SA Plattelandse o. 19A-span gekies, wat aan die IPT-toernooi gaan deelneem het. Luan Van Zyl het halfkleure verwerf.

Twee spelers het gedurende die wintervakansie aan die IPT deelgeneem:

  1. 16A Eden Provinsiale-span : Anrieg Small
  2. 19A SA Plattelandse-span : Estiaan Van Zyl

Beide hierdie spelers het volkleure vir hul pragtige prestasie verwerf.

Die spelers het ook gedurende die derde en vierde kwartaal wedstryde op Oakdale teen onder andere Paarl Gimnasium en Hoërskool Outeniqua gespeel. Oakdale het ook per geleentheid teen Oudtshoorn Gimnasium gaan deelneem.

Mnr. Jonathan Abrahams het die muurbalspelers afgerig.

Muurbal Eden U16

Muurbal SA Platteland U19

Muurbal Oakdale Span