ʼn Tweespeler taktiese bordspel, 64 wit en swart blokke, een doel voor oë: die Koning moet val! Die manne se pionne doen die aanslagwerk terwyl die biskoppe sywaarts verwoesting saai. Dit is net genoegsaam om die koningin haar swaard te laat opneem en tesame met die kasteel die vyand onskuifbaar laat. Skaakmat!

2025

Skaak is op Maandae en Woensdae tydens middagstudie gespeel. Maandae het die leerders teen mekaar gespeel en Woensdae het me. P. Golding die leerders afgerig. Tydens die eerste kwartaal het vier skaakspelers aan die eerste Hessequa-toernooi, wat deel van die Hessequa skaakproewe was, deelgeneem. Leerders geniet skaak as ‘n ontspanningsaktiwiteit op Oakdale terwyl hul breine onbewustelik ontwikkel word.

2024

Skaak is op Maandae en Woensdae tydens middagstudie gespeel. Maandae het die leerders teen mekaar gespeel en Woensdae het mnr. E. Kammies die leerders afgerig. Tydens die eerste kwartaal het die skaakspelers aan twee Hessequa-toernooie, wat deel was van die Hessequa skaakproewe, deelgeneem. Die graad 8-leerders het goed presteer. Lukas Arpin het aan drie Eden Skole skaak-toernooie deelgeneem, terwyl Lukas Booysen en Willie Nel elk aan twee deelgeneem het.