ʼn Tweespeler taktiese bordspel, 64 wit en swart blokke, een doel voor oë: die Koning moet val! Die manne se pionne doen die aanslagwerk terwyl die biskoppe sywaarts verwoesting saai. Dit is net genoegsaam om die koningin haar swaard te laat opneem en tesame met die kasteel die vyand onskuifbaar laat. Skaakmat!
Op Oakdale is Maandae en Woensdae se middagstudietyd, skaaktyd. Maandae speel die leerders teen mekaar en Woensdae onderrig mnr. Johnson die skaakspelers in die fyner kunsies en skaaktegnieke.
2024
Skaak is op Maandae en Woensdae tydens middagstudie gespeel. Maandae het die leerders teen mekaar gespeel en Woensdae het mnr. E. Kammies die leerders afgerig. Tydens die eerste kwartaal het die skaakspelers aan twee Hessequa-toernooie, wat deel was van die Hessequa skaakproewe, deelgeneem. Die graad 8-leerders het goed presteer. Lukas Arpin het aan drie Eden Skole skaak-toernooie deelgeneem, terwyl Lukas Booysen en Willie Nel elk aan twee deelgeneem het.
2023
Tydens die eerste kwartaal het die skaakspelers aan drie Hessequa-toernooie, wat deel was van die Hessequa skaak-proewe, deelgeneem. Kevin Smit het as deel van die Hessequa-span aan twee Eden Skole skaak-toernooie deelgeneem.